RSG berig dat betogende swart studente by die Universiteit van Kaapstad oornag petrolbomme gegooi het en met die polisie slaags geraak.
‘n Woordvoerder van die universiteit, Gerda Kruger sê ‘n groep studente het probeer om ‘n gebou te beset, maar is deur veiligheidspersoneel verhoed.
Twee studente het egter by die gebou ingebreek.
Sy sê betogers het toe verskeie brande op die universiteit se boonste kampus gestig. Veiligheidswagte het die brande probeer geblus en gepoog om die betogers uiteen te jaag.
Kruger sê die polisie is eenuur vanoggend ingeroep, waarna hulle skokgranate gebruik het om die situasie onder beheer te bring.
‘n Polisiebeamptes is beseer toe hy met klippe bestook is, en ‘n veiligheidswag is ook tydens die gevegte beseer.
Volgens Kruger was daar vroeg vanoggend slegs een brand wat nog nie geblus was nie.
Die polisie is steeds op die kampus ontplooi.