Krisis op kampusse word deur DA, EFF aangemoedig

Deel op

Die krisis in hoër onderwys word kennelik deur die opposisie aangemoedig om van president Zuma ontslae te raak. Maar die DA en EFF is besig om die meerderheid studente se wense daarmee ook te verontagsaam en in gevaar te stel.

Die nasionale voorsitter van die EFF, Dali Mpofu is nou betrokke by die betogings vir gratis onderwys. Hy het aangevoer dat hy op die kampus van Witwatersrand optree as “besorgde ouer” en nie as politikus nie.

Maar Mpofu het nogtans in ‘n politieke hoedanigheid ‘n beroep op belanghebbers gedoen om die betogers te ondersteun. Hy het selfs die polisie se teenwoordigheid op die kampusse gekritiseer.

Vroeër is berig dat Mpofu die Beset Luthuli-huis beweging befonds het. Hy het glo vyf miljoen rand uit Amerika ontvang en dit gebruik het om die anti-Zuma betogers te steun.

Hulle eis dat die president asook die nasionale uitvoerende komitee van die ANC bedank.

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, meen ook “alle rolspelers”, wat oproeriges insluit, moet aan gesprek deelneem. Maar dié houding beteken dat die betogers se sogenaamde griewe ernstig opgeneem moet word, terwyl dit slegs die mening van ‘n klein minderheid verteenwoordig.

Net soos die vise-kansellier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price, meen Madonsela die krisis is die regering se skuld, terwyl dit duidelik is dat hulle skerm vir die belhamels se “regte”.

Die president van die Appèlhof in Bloemfontein, regter Lex Mpati, het intussen ook sy stem gevoeg by die opposisie oor die gewelddadige betogings by universiteite.

Die DA gesê het die ANC-regering het sy plig versuim om ‘n buitengewone vergadering oor die krisis te belê sodat dit in die Parlement bespreek kon word, maar nog geen leierskap getoon om die ontwrigting en geweld te veroordeel nie.

Die polisie het moes Dinsdag rubberkoeëls gebruik om die betogende studente by Wits uiteen te jaag. Twee polisiebeamptes en ‘n dosent is beseer.

Vyf studente is in hegtenis geneem. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Kgomotso Phahlane het die media na die geweld toegespreek, en sê die vernietiging van eiendom kan nie toegelaat word nie.

Klaarblyklik stem die DA en EFF nie daarmee saam nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.