Orban het migrantekrisis aan EU blootgelê

Deel op

Hongarye se eerste minister, Viktor Orban, sal na verwagting die migrasiekwessie hoog op die sakelys hou, selfs ná ’n lae stempersentasie tydens die referendum teen die Europese Unie (EU) se vlugtelingkwotas wat hy oorweldigend gewen het.

Sy kritici beweer dat die lae persentasie die stemmery ongeldig gemaak het, maar die verkiesingsuitslae het byna eenparig die regering se standpunt oor migrasie gesteun.

Orban en sy Fidesz-party sal kiesers se afkeur van migrante gebruik om die aandag af te trek van kwessies soos korrupsie en probleme in die gesondheid- en onderwyssektor, het ’n politieke ontleder, Csaba Toth, gesê.

Alhoewel die aantal kiesers wat by die stembus opgedaag het, net minder is as die vereiste 50 persent plus een wat nodig is om die uitslae amptelik te maak, kan die ongewilde Duitse kanselier Angela Merkel en die EU Kommissie nie kiesers se weerstand teen die instroming ontken nie.

Minstens 28 migrante wat die EU wil binnedring, is naby die kus van Libië dood toe ván hulle in ‘n oorlaaide boot versmoor het.

Volgens berigte was daar nagenoeg eenduisend mense op die houtboot.

Migrante spring gereeld oorboord wanneer die Italiaanse kuswag hul vaartuie nader om “gered” te word. Die kuswag word deur wetgewing verplig om reddingsoperasies in die see noord van Libië uit te voer.

Hulle het die week reeds meer as 1800 mense aan die Libiese kus uit die see getrek en na Italië geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.