Visepresidentskandidaat Mike Pence vernietig Tim Kaine

Deel op

Donald Trump se gewilde keuse van ’n visepresident, Mike Pence, het met die Demokrate se visepresidentskandidaat, senator Tim Kaine, gedebatteer in hul enigste debat van die huidige Amerikaanse ver­kiesingsveldtog.

NUUT!

Die uitslag was geen verrassing nie: Mike Pence het Tim Kaine op elke moontlike manier wat saak maak in die stof getrap.

Pence was ernstig, meer volwasse, meer ingelig, meer sy eie man, meer van ‘n leier. Kaine was mislik, kleinlik, geneig tot onderbrekings, en tevrede met die status quo.

Met net vyf weke oor voor die Amerikaanse verkiesing op 8 November, hoop die Demokrate dat kwessies rakende Trump se belasting en nou ook ’n beletsel deur die New Yorkse prokureur-generaal op die Donald J. Trump Stigting om geen geld meer in New York in te samel nie, dat hulle die knoop kan deurhaak.

Hillary Clinton is voorts senuweeagtig oor Julian Assange van WikiLeaks se belofte dat hulle materiaal gaan vrystel wat haar veldtog gaan sink.

Assange wou nie gister tydens ‘n aanlynmediakonferensie in Berlyn nadere besonderhede gee nie. Hy het net gesê die onthullings kom en dat hy geen persoonlike haat jeens Clinton voel nie.

Die twee presidentskandidate se volgende debat is Sondag.

Trump het op sy beurt ’n byeenkoms van militêre veterane in Virginia toegespreek waar hy Clinton opnuut gekasty het oor die hantering van vertroulike inligting via “’n private e-posdiener in haar kelder”.

Soos gewoonlik het die skewe media se meningsopnames waaronder Politico/Morning Consult en CNN/ORC gewys dat Clinton onderskeidelik ’n ses en vyf persent voorsprong bo Trump het.

Trump het egter reeds ‘n voorsprong in die swaaistaat Ohio.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.