‘Groot humanitêre toestand’ na orkaan Haïti tref

Deel op

Die orkaan Matthew het groot skade aan Jamaika en Haïti Maandag aangerig. Swaar reën het die eilande deurdrenk, strate in riviere omskep en baie mense na noodskuilings laat vlug.

Twee mense is reeds in Haïti dood wat die totale sterftes vanweë die storm op vier te staan bring.

Die suidelike deel van die eiland is tans afgesny nadat die brug na die hoofstad, Port-au-Prince, in duie gestort het.

Die VN het gesê dat die land sal nou die “grootste humanitêre toestand” in die gesig staar sedert die groot aardbewing in 2010.

Ten minste 10.000 mense het skuilings opgesoek en daar was verslae van oorvol hospitale en tekorte aan vars water, het Mourad Wahba, die spesiale verteenwoordiger van die VN vir Haïti, gesê.

Meer as 4 miljoen kinders kan blootgestel wees aan orkaanskade, volgens Unicef. Hulle het gewaarsku teen die verspreiding van siekte.

Matthew is een van die kragtigste Atlantiese orkane in die onlangse geskiedenis.

Matthew gaan gepaard met winde van tot 230 kilometer per uur. Die oog van die orkaan sou na verwagting Dinsdag net oos van Jamaika en naby of oor die suidwestelike punt van Haïti beweeg het voordat dit na die ooste van Kuba trek.

Die Clinton-veldtog raak toenemend senuagtig dat ‘n gebrek aan entoesiasme in die swart gemeenskap van die deelstaat Florida hulle die staat kan kos na die orkaan.

Groeiende skeptisisme teenoor die Demokratiese presidensiële kandidaat binne Haïtiaans-Amerikaanse gemeenskap dreig om die probleem te vererger.

Onder Haïtiane het Clinton het ten minste twee struikelblokke om te oorkom: die korrupsie van die Clinton Foundation ná ‘n verwoestende aardbewing daar in 2010, volgens onderhoude met gemeenskapsleiers.

Die tweede probleem vir Clinton, is dat die Obama-administrasie verlede maand skielik ‘n sesjaar-pouse op deportasies na Haïti gelig het. Die pouse was in die nasleep van die aardbewing in 2010 in werking gestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.