Egiptiese polisie skiet twee van Moslembroederskap

Deel op

Egiptiese polisie het twee lede van die Moslembroederskap doogeskiet.

Een was die senior leier van die onwettige Islamitiese groep, het ‘n woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake Dinsdag bekend gemaak.

Volgens die ministerie was Mohamed Kamal die hoof van die militêre vleuel van die beweging van afgesette pres. Mohamed Morsi, al het die groep dit nog altyd ontken.

Volgens die ministerie is Kamal en nog ‘n lid van die Broederskap, Yasser Shehata, Maandag dood in ‘n skietgeveg toe die polisie ‘n klopjag op hul skuiling in die suidooste van Kaïro uitgevoer het.

Die Moslembroederskap het ‘n opstand gereël in 2011 teen die Egiptiese leierskap, as deel van die Amerikaans-geleide “Arabiese Lente”.

Maar op 3 Julie 2013, het die minister van verdediging, genl Abdel Fattah El-Sisi, van Morsi en sy fanatiese ondersteuners ontslae geraak.

Sedertdien het die Egiptiese owerhede Morsi-ondersteuners genadeloos gejag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.