Habib paai weer oproerige minderheid by Wits

Deel op

Die Universiteit van die Witwatersrand sal sy akademiese program tot Maandag opskort na geweld en chaos op die kampus uitgebreek het Dinsdag.

Die visekanselier Adam Habib beweer hierdie toegeeflikheid aan die belhamels is om “toegang na hoër onderwys” te vergemaklik. Habib speel sedert die begin van die krisis ‘n sleutelrol om die oproeriges te paai tot nadeel van die meerderheid van studente.

Die aankondiging is gemaak slegs ‘n paar uur na ‘n vroeëre verklaring waarin die universiteit gesê het hulle sal Woensdag oop wees.

“Ons het hierdie toegewing gemaak, want ons wil nie dat die tonele wat vandag hier afgespeel het op ons universiteitskampusse, herhaal word nie.”

Die bestuur het ingestem om die polisie te onttrek van die kampusse na beloftes van “alle partye” dat daar geen geweld of intimidasie van studente en personeel sal wees nie.

Maar vroeër het personeel en studente oorweldigend ten gunste van die voortsetting van die akademiese jaar gestem.

Dosente het aan Praag vertel dat hulle Dinsdag met geweld uit hul klasse gejaag is deur swart oproeriges gewapen met stokke.

‘n Dosent in Internasionale betrekkinge, Dawid Hornsby is beseer in die onluste. Mediese nooddienste het gesê slagoffers het ook talle polisiebeamptes ingesluit.

Die polisie moes rubberkoeëls en traangas gebruik toe die oproeriges probeer het om deur ‘n polisie-ketting te dring. Die betogers het die polisie bestook met klippe en die venster van ‘n polisievoertuig gebreek.

‘n Senior polisiebeampte moes na die ongevalle-afdeling by die Milpark-hospitaal gehaas word nadat hy ‘n ernstige kopwond opgedoen het toe hy deur ‘n baksteen getref is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.