Aardklop begin vanoggend

Deel op

Die Aardklop Kunstefees het vanoggend in Potchefstroom afgeskop en sal tot Sondag duur.

Vroeër vanjaar was die kunstefees in die weegskaal na ‘n aankondiging dat die fees nie langer sal voortgaan nie.

‘n Groep rolspelers het egter koppe bymekaar gesit om die fees weer op die been te bring.

Die Feesdirekteur, Alexa Strachan, sê hulle is opgewonde oor die program.

“Die dorp is ‘tjokkenblok’ en ‘n mens kry skaars parkering. My stoutste verwagtinge is oortref.”

Die fees is ‘n ekonomiese inspuiting vir die dorp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.