Polisie by Universiteit van Venda ontplooi

Deel op

Die polisie moes by die Universiteit van Venda in Limpopo ontplooi word waar swart betogers se protesoptrede gemonitor word.

Akademiese aktiwiteite is intussen opgeskort nadat personeel en studente verhinder is deur betogers om die kampus binne te kom.

Die oproeriges sê hulle sal slegs teruggaan na hul lesingslokale indien gratis onderrig ‘n werklikheid word.

Hulle beskuldig die bestuur daarvan dat hulle nie met studente in gesprek wil tree nie.

Lesings is vir ‘n onbepaalde tyd opgeskort weens voortslepende betogings en onrus op die kampus.

Studente sê hulle is bekommerd dat hulle agterstallig kan raak met hulle werk vir die jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.