Theresa May belowe Brexit vir Maart 2017

Deel op

Brittanje se eerste minister, Theresa May, sê sy sal die proses vir Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) eers teen die einde van Maart 2017 begin.

Dit was die eerste keer dat sy die sluier gelig het oor die moontlike tydraamwerk vir ‘n breuk tussen Brittanje en sy grootste handelsvennoot.

In ‘n poging om die vrese in haar regerende Konserwatiewe Party te be­sweer dat sy die implementering van Brexit sal probeer vertraag, het May Sondag by die party se jaarlikse konferensie in Birmingham gesê sy is vasbeslote om vorentoe te beweeg en die “regte ooreenkoms” te beding.

Wanneer May artikel 50 van die EU se Lissabon-verdrag in werking stel, sal Brittanje twee jaar hê om die ooreenkoms te heronderhandel.

Haar verskoning tot dusver is dat die ooreenkoms een van die “mees komplekse” in Europa is “sedert die Tweede Wêreldoorlog”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.