UK dreig betogers met tugstappe

Deel op

Die visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, Max Price het studente intussen gewaarsku dat daar tugstappe teen hulle gedoen sal word indien hulle nie die gedragskode tydens hulle protesoptrede nakom nie.

Honderde betogende swart studente het Maandagoggend beloof om die kampus tot stilstand te dwing.

Price sê in ‘n verklaring daar sal nie opgetree word teen studente wat aan wettige protesoptrede deelneem nie.

Hy sê egter die ontwrigting van klasse sowel as die versperring van ingange en paaie, is onwettige optrede.

Price sê in sulke gevalle sal studente gevra word om die universiteit te verlaat en dit sal by die polisie aangemeld word.

Hy sê die akademiese program moet voortgaan sodat studente hulle studiejaar suksesvol kan voltooi.

Die UK was die afgelope weke gesluit was maar die universiteit het aangekondig dat klasse Maandag sal heropen.

Die ingange na die UK se hoofkampus is vroeg Maandagoggend egter reeds deur betogers versper.

‘n Groep betogers wat vanaf die M3-pad na die kampus opgeruk het, het die onluste laat opvlam en vullisblikke is op die kampus omgekeer.

Die betogers het beloof om van gebou tot gebou te beweeg om die kampus te sluit sodat klasse nie voortgaan nie.

Hulle eis “gratis en gedekoloniseerde” onderrig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.