Merkel se herenigingsbeeld deur verdeeldheid gekenmerk

Deel op

Duitsland se kanselier Angela Merkel is Maandag begroet met vyandige slagspreuke by haar aankoms in Dresden, die geboorteplek van Duitse hereniging en daarom herdenkingsvieringe.

Die woedende skare het plakkate opgehou met “Merkel moet gaan” en “Verrraaier” in die Oos-Duitse stad, waar ‘n 2600 polisielede ontplooi is as ‘n sekuriteitsvoorsorgmaatreël.

Die Duitse leier verkeer onder druk by die huis oor haar liberale vlugtelingbeleid wat verlede jaar gesorg het vir ‘n toestroming van byna 2 miljoen immigrante.

Dresden is gasheer vir die nasionale vieringe na 26 jaar sedert die hereniging van Oos- en Wes-Duitsland.

Die uitjouery het voortgegaan na die diens, toe die kanselier, president Joachim Gauck en minister van Binnelandse Sake Thomas de Maizière uit die kerk gestap het.

Die Duitse media het die aantal betogers, meestal mans, geraam op ‘n “paar honderd”, maar volgens ander skattings was daar etlike duisende.

Merkel staar ‘n politieke omwenteling in die gesig vir haar oop-deur vlugtelingbeleid, met ondersteuning vir die AfD wat regoor Duitsland toeneem.

Alternatiewe vir Duitsland (AfD) het die wantroue in Merkel vir stemwerwing ingespan en sowat 14 persent van die stemme verlede maand in die staat van Berlyn ingepalm.

Anti-immigrasiepartye in Frankryk, Oostenryk en Nederland, asook die Amerikaanse Republikeinse mededinger Donald Trump, is insgelyks besig om veld te wen.

Verlede jaar se aankoms van sowat twee miljoen immigrante, hoofsaaklik Moslemsvlugtelinge van armoede en oorlog in die Midde-Ooste, Afrika en Asië, het verhoogde maatskaplike spanning en kultuurskok meegebring.

Dresden is die wieg van die anti-Islam PEGIDA-beweging, maar ook die stad wat die Berlynse Muur laat val het.

In ‘n kort verklaring, het Merkel vir “wedersydse respek” en “aanvaarding van baie uiteenlopende politieke menings” gevra terwyl drie polisiemotors in die stad aan die brand gesteek is.

Sy het vroeër die “misbruik” deur anti-immigrasie betogers van die frase “Wir sind das Volk” (Ons is die mense) veroordeel. Die slagspreuk is oorspronklik gebruik deur Oos-Duitsers in protes wat gelei het tot die val van die Muur in 1989.

Merkel, wat grootgeword het as ‘n kommunis in Oos-Duitsland, het die “skandelik groot aantal xenofobiese aanvalle” veroordeel, maar versuim om honderde seksuele aanrandings deur immigrante te noem.
 
Verlede week het twee bomaanvalle die stad getref. ‘n Moskee en ‘n internasionale konvensie sentrum in Dresden is aangeval maar niemand is beseer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.