Niemand nog vas na dwelmvonds in Kimberley nie

Deel op

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ‘n voorval waarin daar op dagga en Mandrax-tablette ter waarde van bykans R2 miljoen op ‘n erf in Kimberley beslag gelê is.

Alhoewel nog niemand is in hegtenis geneem is nie, het die provinsiale polisiekommissaris, Risimati Shivuri, die lede van die blitspatrollie se spoedige reaksie geloof.

Agt houers is in Veldstraat gevind en die polisie-ondersoek duur glo voort.

Polisiewoordvoerder, Mohale Ramatseba, sê lede van die blitspatrollie het Saterdag inligting ontvang en omstreeks 19:00 op ses 20 liter-houers met dagga en ‘n 25 liter-houer, ook met dagga in, afgekom. Die Mandrax-tablette was in ‘n 20 liter-houer.

Hy sê dié houers is by ‘n drein buite ‘n huis op die erf weggesteek.

Ramatseba sê daar was mense by die huis met die polisie se aankoms.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.