Vrystaatse ANC-kabinet bly onveranderd

Deel op

Die Vrystaatse premier Ace Magashule (foto) het nie soos verwag enige van sy LUR’e afgedank nie.

Magashule het eerder een nuweling, Limakatso Mahasa verwelkom laat Maandag tydens ‘n kabinetskommeling-aangekondiging.

Nuweling Mahasa is die LUR vir Welsynsontwikkeling.

Ander skuiwe sluit in die LUR vir Gesonheid, Benny Malakoane, LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer – Butana Komphela, LUR Toerisme, Ekonomiese Sake en Klein Sake Ontwikkeling – Sam Mahinini en Welsynsontwikkeling LUR Sis Ntombela.

Malakoane skuif in Mashinini se plek in terwyl Mahinini Komphela se portefeulje oorneem.

Komphela is nou politieke hoof van gesondheid en Ntombela is die LUR vir Samewerkende Regering.

Die LUR’e vir onderwys en die departement van finansies bly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.