Die laaste dae van ‘n wit boeregesin in Zim

Deel op

Die McKinnons het vir sestien jaar lank die ergste van Zimbabwe se grondbesettings verduur. Op hul plaas naby Harare, moes hulle ontvoering, marteling, tronkstraf, uitsettingspogings en valse kriminele aanklagte trotseer.

Dit het alles tot ‘n einde gekom toe swartes hul meubels uit hul huis gesleep het en dit in die bos gaan gooi het.

Na ‘n week van wegkruip, het die gesin nou uiteindelik na Kanada gevlug – die land waaruit hulle oupa geëmigreer het, maar ‘n vreemde en onbekende, koue plek vir hulle.

Die McKinnons is onder die laastes van Zimbabwe se kwynende groepie wit boere. Van die 4500 is daar minder as 300 vandag oor.

Met die hulp van die Kanadese ambassade het die gesin hul reisdokumente vandeesmaand in orde gekry en uitgeglip na die lughawe in Harare. Hulle het hul selfone afgeskakel en hul laaste dae in Zimbabwe in die geheim deurgebring, uit vrees dat die polisie hulle in hegtenis sou kom neem.

Lees verder:

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.