Hongare stem teen kwotastelsel vir migrante

Deel op

In Hongarye het die regse eerste minister, Viktor Orban, by die stembus geseëvier om migrante uit sy land te hou.

Hongaarse kiesers het oorweldigend gestem het téén die EU se verpligte migrantekwotas.

Die Duitse leier, Angela Merkel wil EU-lidlande verplig om kwotas te aanvaar en dat elke land deur die Europese Unie daartoe gedwing word om migrante in te neem.

Die uitslag is ‘n sterk genoeg aanduiding dat Hongarye nie die EU se kwota migrante sal aanvaar nie.

Omdat die stempersentasie laag was en slegs sowat ‘n derde van die geregistreerde kiesers aan die referendum deelgeneem het, beweer Angelsaksiese mediabronne dat die stemmery ongeldig verklaar moet word.

Maar Orban het gesê meer Hongare het teen die kwotas gestem as in ‘n referendum vir die 2004-toetrede van Hongarye tot die blok vir lidmaatskap van die Europese Unie.

Sowat 3 249 000 stemme het kwotas verwerp, in vergelyking met 2003 se 3 056 000 stemme.

hongare

Die Hongare het in hul tradisionel drag opgedaag om te gaan stem.

Hongarye is die eerste Europese land om daarteen te stem. Noorweë, Swede, Denemarke en Oostenryk het reeds strenger grensbeheer ingestel na die instroming.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.