EFF-bevelvoerder moedig studentebetogers aan om te sterf as ‘martelare’

Deel op

Die EFF-bevelvoerder, Julius Malema het aan The Times gesê sy party steun die opstand van ‘n paar belhamels vir gratis hoër onderwys ten volle.

Die houtwerk-savant sê hoewel die sluiting van universiteite en die verlies van ‘n akademiese jaar “jammer” sal wees, “is daar ‘n prys wat betaal moet word in ‘n rewolusie. Daar moet ‘n stryd wees. Dit is ‘n geregverdigde stryd”.

Hy het voorgegee dat hy spyt is oor die afbrand van instellings van hoër onderwys, skole, en veral biblioteke, maar dit as beslis nodig vir die opstand voorgehou.

Hy het gesê studente is “gemartel” en in hegtenis geneem omdat hulle gratis onderwys eis. Hy het nie na kriminele optrede, waaronder ook talle voorbeelde van brandstigting deur die oproeriges verwys nie.

Malema het eerder swart studente aangemoedig om te sterf sodat hulle “martelare” kan word.

“Dis ‘n goeie ding om te sterf. Moenie bang wees om op die veld te sterf terwyl jy veg vir ‘n goeie ding nie. Jy sal as ‘n martelaar sterf.”

Wits woordvoerder Shirona Patel het gesê personeel sal terugkeer na die werk vandag. Sy het gesê die teenwoordigheid van sekuriteit sal geleidelik verminder word indien daar geen ontwrigting, geweld, vernietiging van eiendom of inbreuk op die regte van ander is nie.

Maar dit lyk nie asof dit gou gaan gebeur nie.

By ‘n vergadering in die Solomon Mahlangu Hall Sondag by Wits, is voorgestel dat betogende studente “vuur met vuur” beveg en vuurwapens dra.

Soos wat die geleentheidsvenster vir die hervatting van die lesings by universiteite regoor die land begin toegaan, beplan die swart oproeriges “guerrilla-styl” taktieke om lesings te ontwrig hierdie week.

“Ons kan AK47’s kry. Diegene wat bande het [met misdadigers] kan help. Selfs al is dit net messe. Ons moet terugveg teen die stelsel met geweld,” het ‘n student by die vergadering gesê.

Oproeriges het by die vergadering besluit om klein, mobiele groepe te vorm om “spesifieke akademiese senuweepunte” te ontwrig en te verseker dat die Universiteit heeltemal sluit.

Hulle het gesê dit is maklik vir die polisie en sekuriteitswagte om groot groepe te pak, maar dat klein groepies probleme vir die sekuriteitspersoneel sal skep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.