Onrus teister Ethiopië

Die polisie in streek Oromiya in Ethiopië het traangas en waarskuwingskote Sondag geskiet om anti-regeringsbetogers uiteen te jaag.

‘n Stormloop wat daarna gevolg het, het volgens die opposisieparty ten minste 50 mense gedood.

Die regering het nie ‘n presiese aanduiding van die dodetal gegee waar chaotiese tonele tydens ‘n jaarlikse fees afgespeel het nie.

Bywoners het vroeër gedreunsing, slagspreuke teen die regering geskree en ‘n vlag ‘n rebellegroep rondgeswaai.

Volgens amptelike syfers, is Moslems ongeveer 30 persent van die bevolking van Ethiopië.

Die protesbeweging het begin nadat die regering daarop aangedring dat die Hoogste Raad van Islamitiese sake lede van ‘n Islamitiese sekte bekend as al Ahbash aanvaar.

Hulle verwerp die leringe wat sekte aan die Moslem-gemeenskap wil oplê. Die regering het ook glo probeer om die bedrywighede van die Awalia-moskee in Addis Abeba te beïnvloed.

Leslie Lefkow, adjunk-Afrika direkteur van die globalistiese Human Rights Watch het gesê: “Die regering se behandeling van hierdie Moslemleiers dra die kenmerke van ‘n polities gemotiveerde vervolging.”

Sporadiese protes in Oromiya het oor die laaste twee jaar voorgekom, en sedert die einde van 2015, het talle betogers omgekom in die botsings met die polisie.

Hierdie ontwikkelinge bring spanning in die land waar die regering met uitstekende ekonomiese groeikoerse spog, maar kritiek van teenstanders en aktiviste moet verduur dat politieke vryheid “vertrap” word.

Duisende mense was bymekaar vir die jaarlikse Irreecha-fees in die dorp van Bishoftu, sowat 40 km suid van die hoofstad Addis Abeba.

Sommige betogers het die rooi, groen en geel vlag van die Oromo Liberation Front rondgeswaai, ‘n rebellegroep wat as ‘n terroriste-organisasie deur die regering beskou word, het getuies gesê.

Die VSA en die EU het intussen gesê dat opposisielede wat in die omgewing van Ethiopiese ambassades in hul lande oortree, sal aangekla word.

Soedan het intussen verklaar dat ‘n groep Afrika-leiers sal deelneem aan ‘n nasionale dialoog op 10 Oktober in Soedan se hoofstad Khartoem.

Die leiers sluit die presidente van Egipte, Tsjad, Mauritanië en Uganda, sowel as die premier van Ethiopië en die sekretaris-generaal van die Arabiese Liga in, het Soedan se minister van buitelandse sake Ibrahim Ghandour aan verslaggewers gesê.

In Januarie 2014, het die Soedanese president Omar al-Bashir ‘n inisiatief van stapel gestuur om die opposisiepartye en die gewapende groepe tot ‘n nasionale dialoog te roep om krisisse in die land te beëindig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.