Miskien sal Hillary Clinton se ergste mislukking as minister van buitelandse sake binnekort op TV-skerms regoor die wêreld sigbaar wees.
Binne ure sal Haïti, reeds ‘n menslike hel, dalk sorg vir ‘n Oktober-verrassing vir haar teenstander Donald Trump.
Die “verrassing” sal egter meer na ‘n gruverhaal lyk as ‘n verwagte orkaan Haïti tref.
Dié orkaan, Matthew, die kragtigste storm sedert 2007 oor die Karibiese see, het Saterdagnag selfs kragtiger geword en nader aan Jamaika en Haiti beweeg.
Die orkaan het Donderdagmiddag van ‘n kategorie een-orkaan vinnig na kategorie vier opgeskuif.
Teen laat Vrydag het dit tot ‘n kragtige kategorie vyf versterk. Die nasionale orkaansentrum (NHC) se voorspelling is dat dit teen vandag die suidelike kus van Kuba sal bereik nadat dit verwoesting in Jamaika gesaai het.
Haïti het nooit herstel ná die aardbewing in 2010 nie, ten spyte van die Clinton Foundation se beloftes en sentrale rol destyds om hulp te verleen.
Twee weke gelede het die voormalige Senaatspresident van Haïti, Bernard Sansaricq aan Donald Trump se ondersteuners verduidelik hoe die Clinton-stigting miljarde gesteel het van die Haïti-noodfonds.
Die diefstal het plaasgevind na die aardbewing waarin sowat 316,000 mense dood is. ‘n Uitbreking van cholera het gevolg op die ramp.
Matthew sal waarskynlik verdere katastrofiese lewensverlies veroorsaak wat die Clinton-stigting “hulpwerk”, ten spyte van die ooglopende konflik van belange, in ‘n swak lig sal stel.
Plaaslike inwoners sê dat die Clinton-projekte nooit ten volle gerealiseer het nie terwyl ander verwys na luukse hotelle wat na bewering gebou is met hulpfondse ten einde slegs ‘n paar uitgesoektes te bevoordeel.
Die Clintons het in 2011 gesorg dat Jean-Bertrand Aristide, wat in ballingskap leef in Suid-Afrika sedert ‘n CIA-staatsgreep 2004, nie terugkeer na die politiek nie.
Na Hillary geweier het om toe te laat dat Aristide deelnaam aan die verkiesing 2011, het sy met haar stigting gesorg dat hulpgeld na haar stigting gekanaliseer word.
Inwoners van Jamaika het vroeër na winkels gestroom om genoeg voorraad te koop ter voorbereiding van Orkaan Matthew.