ANC: Studente-oproer deur anti-regeringsagente gedryf

Deel op

Die ANC is oortuig daarvan dat die geweld op kampusse deur “agente wat die regime wil omverwerp” gedryf word.

Direkteur-generaals van veiligheidsdepartemente, ministers, gemeenskapspolisielede en regeringslui gemoeid met hoër onderwys het Vrydag by OR Tambo-lughawe byeengekom (foto) om die huidige krisis te bespreek.

Honderde miljoene rande se skade is reeds aan infrastruktuur aangerig deur swart oproeriges wat gratis onderwys, verblyf en voedsel eis.

Pres. Jacob Zuma het intussen aan ministers gesê dit is noodsaaklik dat oproer sou gou moontlik onder beheer gebring moet word voordat die akademiese jaar heeltemal ongedaan gemaak word, het City Press berig.

Indien dit nie gebeur nie, sal volgende jaar se program ook geraak word, het hy gewaarsku by ‘n vergadering van ministers.

Toelating vir matrikulante sal hersien moet word as die huidige eerstejaars nie vanjaar hul eksamens kan skryf nie en die jaar moet herhaal weens die oproer.

‘n Polisietaakmag is opdrag gegee om wette streng toe te pas en “die strafprosesstelsel moet meer voorbeelde skep van hoe die wet mense behandel wat hulself aan vandalisme, intimidasie en geweld skuldig maak”.

‘n Kommunikasiestrategie teen die huidige propaganda-oorlog op sosiale media, word ook in die vooruitsig gestel.

Maar die betogers wat genooi is na dié vergaderings het die verklarings wat orde in die vooruitsig stel, verwerp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.