Wits besluit om te heropen na peiling

Deel op

Die Witwatersrand Universiteit se bestuur het besluit dat lesings Dinsdag sal hervat. Alle personeel sal Maandag terugkeer na die werk.

Bykomende private sekuriteit gaan op die kampus ontplooi word terwyl die polisie binne “die omtrek van die kampus” sal bly en slegs op kampus sal ingryp indien nodig. Sekuriteit sal geleidelik van die kampus onttrek word op voorwaarde dat daar geen geweld, intimidasie en beskadiging van eiendom plaasvind nie.

“Ons doen ‘n beroep personeel en studente om saam met ons te werk as ons vandeesweek heropen. Saam kan ons nog die 2016 akademiese jaar red, terwyl die stryd om gratis onderwys vir die armes en die sogenaamde ‘ontbrekende middel’ voortgaan.”

Die Universiteit het Donderdag ‘n elektroniese meningspeiling gehou om vas te stel of lesings moet hervat. Die peiling het getoon dat 77 persent van die respondente ingestem het, met net 23 persent wat daarteen gestem het.

Die universiteit het gesê daar was 21730 reaksies, met 16739 stemme wat vra dat lesings moet hervat.

Die studente en personeel is gevra: “Moet Wits op Maandag 3 Oktober onderhewig aan toepaslike sekuriteitsprotokolle in plek, heropen?”

Intussen het ‘n paar swart Witsstudente Sondag op die kampus byeengekom om ‘n pad vorentoe te bespreek. Hulle bly vasbeslote dat hulle nie sal terugkeer na klasse tot daar aan hul eise voldoen word nie.

Die betogers se “navorsingtaakspan” het met ‘n gratis onderwysmodel vorendag gekom. Die model stel voor dat die staat die helfte, naamlik R60 miljard per jaar tot onderwys bydra. Die res sal verkry word uit die private sektor en ‘n belasting op die land se “rykes”.

Universiteitskampusse word sedert verlede jaar deur oproer lamgelê omdat belhamels toegelaat word om geweld te pleeg en kampusse te ontwrig.

Lesings is afgestel by die meeste universiteite terwyl die onrus voortduur. Vrese dat die akademiese jaar nie voltooi sal kan word nie, is besig om toe te neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.