Clinton se gunstelingleier is… Merkel!

Deel op

Hillary Clinton het anders as Gary Johnson, wel ‘n gunsteling wêreldleier: Angela Merkel.

Die Demokratiese presidensiële kandidaat het Donderdag oor Merkel, wat uiters ongewild is in Duitsland, gekoer.

Johnson, die Libertariese kandidaat en selfverklaarde daggakop, kon onlangs nie ‘n enkele wêreldleier opnoem nie. Voorheen het hy ook gesê hy het nog nooit van Aleppo gehoor nie.

Johnson sal Clinton help om stemme te verdeel deur anti-establishment kiesers se stemme te trek wat aanvanklik vir Donald Trump sou stem. Om dié rede probeer Clinton aan Johnson publisiteit gee.

Anders as die meeste Duitsers, was Hillary vol lof vir die Duitse kanselier se “leierskap en stabiliteit” en “haar dapperheid in die aangesig van die vlugtelingkrisis”.

Merkel het die krisis egter eiehandig geskep en poog nou om met Facebooksensuur die werklikheid van die kultuurbotsing tussen Duitsers en ongeskoolde Moslemmans weg te steek.

Trump het voorheen vir Merkel gekritiseer en gesê die instroming van vlugtelinge na Duitsland onder haar toesig, is ‘n ramp.

“Hillary Clinton sal Amerika se Angela Merkel wees, en ons het gesien hoeveel misdaad en hoeveel probleme sy veroorsaak het vir die Duitse volk,” het Trump in ‘n toespraak verlede maand in Charlotte, Noord-Carolina gesê nalv Hillary se voorgenome beleid om Amerikaanse grense oop te gooi.

Intussen moes een van die skewe mediabronne waarop Clinton staatmaak, BuzzFeed, ‘n presidensiële peiling inderhaas afhaal omdat hulle agtergekom het die resultate pas hulle nie.

Trump het 97% teenoor Hillary se 1% behaal in hul peiling. Die meeste ander peilings selfs op linkse webwerwe het Trump as die voorloper aangewys na die eerste debat.

Die rede wat hulle aanvoer is dat die peiling “nie meer akkuraat die menings van regte mense weerspieël nie”. “Regte mense” is klaarblyklik linkses.

Trump het Woensdag die partydige moderator asook die opsetlike swak klankkwaliteit van sy intervensies uitgewys as nog goeie voorbeelde van hoe angsvallig die hoofstroommedia probeer om hom by te kom en skaamteloos optree as handlangers vir Clinton.

Ten spyte daarvan het hy uitstekend gevaar en kalm gebly teen die bitsige Clinton en bevooroordeelde hoofstroommedia wat haar ondersteun.

“Google se soekenjins onderdruk slegte nuus oor Hillary Clinton,” het Trump later opgemerk.

“Deur in te tik ‘Hillary Clinton’ in ‘n Google-soekfunksie kom ‘n mens nie af op enige van die belangrike kwessies wat met haar verband hou nie soos ‘e-pos’ ‘skandale’ ‘n ‘leuenaar’ nie.”

Ook nie “gesondheid” word aan Hillary so verbind nie.

Clinton het intussen alle wit Amerikaners as “rassiste” uitgekryt.

Clinton se pogings om terug te slaan dat Trump se aanmerkings oor vroue kru is, het ook misluk nadat dit aan die lig gekom het dat Mej Heelal, Alicia Maciado, seks gehad het in die openbaar en ‘n kind het by een van die wreedste Meksikaanse dwelmbaronne, iets wat sy eers ontken het.

Trump het na Maciado as “Miss Piggy” verwys.

Hy het aan Clinton ‘n C+-simbool toegeken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.