Rusland gaan voort met Siriese lugaanvalle

Deel op

Die regering van Rusland sê hulle sal voortgaan met lugaanvalle op die ooste van die stad Aleppo teen ISIS-simpatiseerders.

NUUT!

Die lugaanvalle in Sirië is op stellings wat deur militante na aan ISIS beheer word.

Amerika eis dat die lugaanvalle dadelik gestaak word, vermoedelik omdat hul proksiemagte onder beleg is.

‘n Woordvoerder van die regering, Dmitry Peskov sê egter dit is meer as ‘n jaar sedert Rusland begin het met sy militêre ingryping om die Siriese weermag te steun en dat hulle daarmee sal voortgaan.

Amerika en Rusland het vir maande lank onderhandel om ‘n skietstilstand in werking te stel.

Die jongste skietstilstand-ooreenkoms het verlede week geëindig soos ooreengekom en sal nie verleng word nie omdat die VSA nie die ooreekoms nagekom het nie.

Daar is met die skietstilstand ooreengekom dat Amerika hul steun aan ISIS-simpatiseerders onttrek. Rusland sê dit is nie nagekom nie.

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, John Kerry het vroeër gewaarsku dat Amerika dit sterk oorweeg om samesprekings met Rusland oor Sirië op te skort.

Die Verenigde Nasies se humanitêre hoof, Stephen O’Brien het toestande in Aleppo as ‘n “humanitêre ramp” bestempel.

Die toestand in Sirië is egter sedert die Amerikaans-geleide inval ‘n humanitêre ramp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.