Werkloosheid onder swart jeugdiges neem toe

‘n Verslag deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het bevind dat werkskeppingsprogramme nie veel uitgerig het nie, het RSG berig.

Dié programme was nie doeltreffend genoeg om groot getalle werklose jeugdiges op te neem nie.

Die verslag oor die Aanbod en Aanvraag van Vaardighede is deur die departement van hoër onderwys en opleiding aangevra.

Dit het onder meer ook bevind dat 15 mijoen mense in Suid-Afrika tans werk het, en 7,5 miljoen wat wel voorheen gewerk het, tans nie werk het nie.

Werkloosheid onder die jeug is veral hoog en neem toe.

Ten spyte daarvan hou die ANC-regime vol om arbeid te duur te maak met plaasarbeiders wat reeds byna R3000 per maand verdien en daarmee saam dikwels ook gratis behuising en elektrisiteit ontvang.

Die minister van Arbeid Mildred Oliphant, meen egter dat dit ‘n “morele” besluit is om akute werkloosheid te help skep deur ongeskoolde arbeid te duur te maak, want die “lewenskoste raak hoër”.

Van al die onproduktiewe mense in Suid-Afrika, is negentig persent swart.

Die graderingsagentskap, Standard & Poor’s sê intussen die druk op die Minister van Finansies hou ‘n risiko in vir die land se beleggings-kredietgradering.

Die agentskap se besturende direkteur vir Afrika suid van die Sahara, Konrad Reusson, sê hulle verwelkom die teikens wat die Nasionale Tesourie gestel het.

Reusson het gewaarsku teen die druk op minister Pravin Gordhan by ‘n bankkonferensie in Johannesburg waar hy as spreker opgetree het.

Die agentskap het Suid-Afrika se trippel B gradering in Junie op ‘n negatiewe vooruitsig gelaat.

Maar Gordhan het voorheen verkiesingspraatjies die skuld gegee vir die land se ekonomiese vooruitsigte en in Junie gesê hy sal werkskepping bevorder.

Onder sy leiding is dit kennelik nie besig om te realiseer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.