Renosters ook deur TB bedreig

Deel op

Wetenskaplikes het bevestig dat tuberkulose (TB) wat van mense na wilde diere in aanhouding oorgedra is, onder renosters maai.

In aanhouding het olifante en renosters dit by mense aangesteek.

Enige soogdier kan die siekte dus deur aanraking met TB-lyers opdoen, maar omdat die siekte jare kan neem om te manifesteer, is dit baie moeilik om te diagnoseer.

Teen die tyd dat die diagnose dus gemaak word, is dit al byna te laat en het die dier weer ander diere aangesteek.

In navorsing van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Universiteit Stellenbosch (US) toon dat TB nog verdere verliese aan renosters kan beteken.

En benewens stropery wat ‘n kopseer geraak het, word ander wild ook bedreig.

‘n Nuwe bloedtoets vir renosters kan opsporing van die siekte in wilde diere vergemaklik. Daar is reeds so ‘n toets vir buffels beskikbaar.

Navorsers aan die US sê omdat renosters se getalle daal, is verdere verliese kommerwekkend. Van die renosters is in gebiede waar TB endemies is.

TB (Mycobacterium bovis) in buffels is aanvank­lik veroorsaak deur siek beeste en het toe na leeus, wildsbokke, vlakvarke en ander diere versprei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.