Chevron-helikopter-ongeluk eis ses

‘n Bell 430 helikopter van die Amerikaanse oliemaatskappy Chevron het Maandag met ses mense aan boord het neergestort.

Vier Angolese is dood en die twee wat vermis word, is glo buitelanders. Maar die nasionaliteit van die vlieënier is nog steeds nie bekend gemaak nie.

Die helikopter was onderweg na die Tombua-Landana-olieboor toe dit volgens Angolese veiligheidsmagte in swak weersomstandighede neergestort het.

Vyf van die ses mense was werknemers by Chevron en die sesde was die vlieënier van Heli-Malongo, die helikopterverhurings­maatskappy.

‘n Reddingsoperasie is geloods en nadat die oorskot van vier personeellede gevind is, is die soektog uitgebrei om die helikopter se dataopnemer asook wrakstukke op te spoor.

Die ongeluk het laat Maandag naby die olieryke enklave van Kabinda plaasgevind, het kaptein Armando Nzawisa van die Angolese weermag wat die reddingsoperasie lei, aan AFP gesê.

Die helikopter is gebruik as ‘n vervoermiddel tussen olieplatform en aanlandige fasiliteite van Chevron in Kabinda, het die openbare uitsaaier TPA berig.

Kabinda grens aan die Republiek van die Kongo na die noorde, en is geskei van die res van Angola in die suide deur ‘n stukkie grondgebied wat deel uitmaak van die Demokratiese Republiek van die Kongo.

Die provinsie lewer 60 persent van Angola se olie, een van die grootste olieprodusente in Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Ek ken hierdie olievelde goed, al self daar gewerk en dit is maar gevaarlik – daar is verskriklik baie verkeer en dit is ‘n wonderwerk dat daar so min ongelukke van hierdie aard is.