Seinstoring was ‘onwettig en ongrondwetlik’ sê Appèlhof

Deel op

Die Appèlhof in Bloemfontein het bevind dat die beleid van die Parlement rakende uitsaai ongrondwetlik en onwettig is omdat dit die reg op ‘n “oop” Parlement oortree.

Die Appèlhof het voorts bevind dat die wyse waarop die Staatsrede se verrigtinge in Februarie 2015 geblokkeer is, ongrondwetlik en onwettig is.

Die hof het ook verklaar dat die seinstoringtoestel in die Parlement, gebruik is sonder die toestemming van die Speaker en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies.

Die ANC beweer nou hulle het nooit die versperring van seine in die Parlement gesteun nie.

Die party se verklaring volg op die uitspraak van die Appèlhof dat die versperring van seine en die Parlement se uitsaaibeleid onwettig en ongrondwetlik is.

Selfoonseine is met verlede jaar se Staatsrede in die Raad versper omdat die lede van die EFF met geweld verwyder is.

Hulle het probeer om die President se toespraak te ontwrig en die ANC wou vermoedelik keer dat dié beelde uitgesaai word.

Die woordvoerder van die ANC-koukus, Moloto Mothapo, sê hulle sal dit aan die Parlement oorlaat om te besluit hoe hy met die uitsaaibeleid wil voortgaan.

Die party sal waarskynlik aanstons sorg dat hulle seinstoring wettig.

Mothapo sê die seine moes nooit geblokkeer gewees het nie en behoort ook nie in die toekoms te gebeur nie “omdat hulle die regte van die publiek en die media respekteer”.

Die Parlement het vroeër gesê hy het kennis geneem van die uitspraak van die Appèlhof, en is besig om dit te bestudeer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.