Eienaars van gesteelde vee gesoek

Deel op

Gesteelde vee ter waarde van bykans R170 000 is in die besit van twee swartes gevind.

Die twee vermeende veediewe sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn ivm diefstal.

‘n Polisiewoordvoerder in Noordwes, Pelonomi Makau, sê altesaam 26 beeste en 18 skape is Dinsdag op ‘n plaas buite die stad in ‘n kraal gevind.

Die vee behoort nie aan die verdagtes, onderskeidelik 47 en 38, wat in ‘n intelligensiegedrewe polisie-operasie deur die veediefstaleenhede op Stilfontein en Sannieshof aangekeer is nie.

Intussen het die provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, lede wat betrokke was met die inhegtenisneming geloof vir hul goeie werk.

Vee-eienaars op Lichtenburg, Bloemhof en Wolmaransstad wat vee vermis, kan die polisiekantoor op Sannieshof kontak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.