Bedank ‘n onnie!

Deel op

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) vra mense om erkenning aan leerkragte te gee.

Dit vorm deel van Wêreldonderwysersdag wat eerskomende Woensdag gevier word. Fedsas se Jaco Deacon sê dié organisasie vier jaarliks die geleentheid op die eerste Vrydag van die vierde skoolkwartaal, omdat dié wêreldviering in die Suid-Afrikaanse skoolvakansie plaasvind.

Hy sê oud en jonk moet vanjaar ‘n blyk van waardering aan hul geliefde onderwysers toon, al is dit via persoonlike kontak, ‘n besoek aan ‘n skool of om selfs ‘n staaltjie op sosiale media te deel. Die tema vir wêreldonderwysersdag is, “Waardeer Onderwysers en Verhoog hul Status.”

Die toon van respek bepaal in ‘n mate die sukses van onderwys in geheel. Dit is veral belangrik in klaskamers. Deacon sê onderwysers wat deur leerlinge gerespekteer word, is meer suksesvol in die klaskamer omdat leerlinge meer ontvanklik is teenoor dié onderwysers.

Die status van leerkragte in ‘n gemeenskap is belangrik omdat dit weer die status van die professie verhoog en ‘n bydrae tot gehalte-onderrig lewer.

Volgens Deacon moet onderwysers bewus wees dat hulle ‘n invloed op leerlinge se toekoms het. Fedsas gaan vanjaar ook veral van sosiale media gebruik maak om bewustheid rondom onderwysers en hul status te skep.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.