SA ervaar elektrisiteitskrisis – Eskom

Deel op

Suid-Afrika het te min elektrisiteit om in die vraag te voorsien, het Eskom vandag aangekondig.

"Eskom ervaar onbeplande kragonderbrekings van 4600 MW as gevolg van tegniesesentraleprobleme. Dit is 3000 MW hoër as die verwagte syfer vir die huidige tydperk," het die maatskappy se direkteur: verspreiding, Jacob Maroga, in ‘n verklaring gesê.

Deel op

Eskom is besig om alle voorafbeplande noodmaatreëls in werking te stel. Dit sal egter nie genoeg wees om die elektrisiteitstekort vir vandag en moontlik die volgende week te oorkom nie.

Volgens Maroga is die nasionale verspreidingsnetwerk wel stabiel, maar die land staar ’n tekort aan beskikbare opwekkingskrag gedurende dié periode in die gesig. Hy beskryf die situasie as “krities”.

Koeberg-kernkragsentrale se eerste eenheid het om 2.18 v.m. op Donderdagoggend gaan staan toe die turbine uitgeskakel het.

“Die reaktor verkeer in ’n veilige afskakeltoestand. Die oorsaak van die turbine-uitskakeling word tans ondersoek.”

Verpligte ladingverligting sal landwyd geïmplementeer word, indien nodig, om die balans tussen vraag en aanbod te handhaaf.

Eskom het ‘n beroep op die publiek gedoen om alle nie-noodsaaklike elektriese toerusting soos lugreëlaars, warmwatertoestelle en swembadpompe af te skakel. (Gegewens van Sapa)

запчасти на насосные станцииФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.