Rhodes: Amokmakers kla en kerm omdat polisie optree

Deel op

Polisielede wat ‘n amokmaker uit ‘n privaattuin gesleep het tydens betogings by Rhodes Universiteit op 28 September, is op sosiale media laat beskuldig dat die swart student “geskiet” is.

Maar dit kon nie op die videoopname van die insident bevestig word nie, maar die oproeriges maak nogtans dié valse bewerings dat hy geskiet is: “Die polisie skiet op studente wat nie ‘n bedreiging is nie op private eiendom.”

Polisiebeamptes het die belhamel in hegtenis geneem. Hy is een van vyf studente wat vasgevat is, ook vir betreding.

‘n Tweede video is op Twitter versprei waar ‘n ander amokmaker ook gesleep word na die vangwa van die polisie.

Die polisie het ook pepersproei gebruik teen ‘n luidrugtige groep oproeriges wat probeer het om ‘n lesing by die Universiteit se regsdepartement Woensdagoggend te ontwrig, nadat Rhodes se visekanselier Sizwe Mabizela aangekondig het dat lesings sal voortgaan vanaf 10:30 vandag.

Dit was een van die vele skermutselings tussen die polisie en klein groepies swart betogers wat probeer om lesings oor die hele kampus heen te ontwrig.

Studente en dosente wat met hul akademiese bedrywighede wou voortgaan, wou nie bes gee nie.

Sowat 70 studente en personeel in die lesingsaal het onomwonde verklaar hulle sal bly en wou nie die sedepreke van die betogers hoor nie.

“Ons is hier om te leer. Loop, uit!” het hulle geskree.

Die betogers het daarop aangedring dat die lesing moet eindig.

Die polisie het opgedaag en ‘n hele paar van die betogers ingelig dat hulle in hegtenis geneem word vir die oortreding van die tussentydse interdik. Die interdik verbied studente om lesings te ontwrig, sowel as enige ander onwettige gedrag insluitende aanranding, intimidasie of ontvoering.

“Is dit wat julle wil hê,” het een betoger ontsteld gegil terwyl hy sy geboeide hande opgehou het.

“Ja,” was die antwoord. “Gaan net uit.”

Die polisie is deur die oproeriges uitgejou en geskel. In die massiewe Barratt lesing kompleks, is ‘n vuur-alarm geaktiveer maak lesings onmoontlik gemaak het.

Verskeie studente het beloof op sosiale media dat die betogings sal voortgaan. Die SR het ook sy gewig agter oproepe gegooi vir die akademiese program om gekanselleer te word.

Mabizela het vroeër gewaarsku dat die universiteit sal sluit en sy studente sal wegstuur as die oproer aanhou.

“Die sluiting van die Universiteit sal ernstige gevolge hê vir die dorp, vir alle universiteitspersoneel, en vir studente self wat nie in staat sal wees om die akademiese jaar af te handel nie.

“Dink hard oor jou optrede.”

Maar die oproeriges het die waarskuwing afgelag en gesê dis “bluf”.

Intussen is honderde studente van die Universiteit van Limpopo is gestrand nadat hulle aangesê is om koshuise op die Turfloop-kampus te verlaat.

Die universiteit het alle klasse gestaak na die gewelddadige betogings teen klasgeld.

‘n Studenteleier, Isaac Hlungwane, sê studente sal hul protesoptrede buite die kampus verskerp.

Die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap het ook sy Alice- en Oos-Londen-kampusse gesluit tot ná ‘n raadsvergadering op 10 Oktober.

Studente en die bestuur kon nie oor kwessies rakende veiligheid op die kampus ooreenkom nie.

Studente boikot nou al byna drie weke lank klasse by die universiteit.

Studente wat wel vir klasse opdaag, word deur ander studente weggejaag wat nie wil hê die akademiese program moet voortgaan nie. Die visekansellier, Mvuyo Tom, sê die boikot kan volgende jaar se akademiese kalender negatief raak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.