UJ tree hardhandig teen amokmakers op na dood van skoonmaker by Wits

Deel op

Die Universiteit van Johannesburg het waarskynlik nog ongevalle probeer verhoed, nadat ‘n skoonmaker enkele dae gelede vermoor is deur oproerige studente by die Universiteit van die Witwatersrand.

Selfs joernaliste is gisteraand deur privaat veiligheidswagte buite UJ se Doornfontein-kampus verwilder. Die joernaliste was besig om studentebetogings glo te volg.

Hulle het in die spervuur beland tussen studente en veiligheidswagte wat mekaar met klippe bestook het. Ten spyte daarvan dat die studente begin klipgooi het, hou hulle vol dat hulle “kalm” vergader het.

Hulle is ook met pepersproei bespuit.

Nog betogende studente van die Kingsway-kampus het met privaat veiligheidswagte slaags geraak.

Die oorsaak van die dood van die skoonmaker by Wits word egter in alle tale verswyg, maar die amokmakers is kennelik aanspreeklik daarvoor.

Intussen het Wits die dood van die skoonmaker by die Universiteit bevestig. Dit was glo ‘n werknemer van ‘n dienstemaatskappy.

“Verlede Dinsdag het studente ‘n brandblusser in die Jubilee-saal oopgedraai, wat ‘n skoonmaker in die gebou getref het,” lui die ‘n verklaring van die universiteit.

Die werker is na die kampuskliniek en hospitaal geneem, maar is later oorlede.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.