Die 23 belhamels van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein wat in hegtenis geneem is tydens ‘n klasgeldprotes, is met ‘n waarskuwing vrygelaat, danksy ingryping van die SAMRK.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het ingegryp op ‘n dringende grondslag om die amokmakers van die SUT Woensdagoggend by te staan.
Die Vrystaat se provinsiale bestuurder van die SAMRK, Buang Jones, sê die studente het hulp gevra met regsverteenwoordiging.
“Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het regsverteenwoordiging vir die studente in aanhouding gefasiliteer. Ons het ‘n goeie verhouding met Regshulp Suid-Afrika in ons provinsie. Dit is onder ons aandag gebring toe studente na ons kantoor gekom het. Ons is besig met Regshulp SA om voorsiening te maak vir gratis regshulp aan hulle.”
Dit is nie duidelik hoekom die SAMRK kriminele optrede wil verdedig nie.
Hulle is op voorwaarde vrygelaat dat hulle betyds in die hof sal verskyn vir alle toekomstige hofdatums. Hulle word ook nie toegelaat om ‘n skedule-een-misdryf te pleeg totdat die saak afgehandel is nie.
Hulle is in hegtenis geneem vir opsetlike saakbeskadiging, ‘n onwettige byeenkoms en openbare geweld.
Die staat het vroeër gevra dat die studente in aanhouding bly vir nog ‘n week om die adresse van die beskuldigdes te verifieer, omdat hulle moontlike vlugrisiko’s is.
Die verdediging het aangevoer dat die swart amokmakers se adresse kan maklik verkry kan word ten spyte van die feit dat die instelling steeds gesluit bly.
Hulle sal weer in die hof wees op 18 Oktober.
Alle akademiese aktiwiteite by SUT is vroeër opgeskort op beide die Bloemfontein- sowel as die Welkom-kampusse tot 10 Oktober weens kommer oor veiligheid.