Anglikane klim weer onder Zuma in

Deel op

Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba het intussen gewaarsku dat maatskaplike toelaes in die slag kan bly.

Hy sê indien die regering nie `n einde bring aan die plundery van staatsbronne nie, sal hy nie genoeg geld hê om maatskaplike toelaes aan die 16 miljoen Suid-Afrikaners te betaal wat daarvan afhanklik is nie.

Makgoba het die waarskuwing by die opening van die provinsiale sinode van die Anglikaanse Kerk in Benoni gerig.

Makgoba het ook groepe in die ANC daarvan beskuldig dat hulle beskikbare hulpbronne na `n groep individue met politieke kontakte verskuif.

Hy sê kerkleiers is van mening dat Suid-Afrika “koers” verloor. Dit is egter nie duidelik wat die “koers” moet wees nie, aangesien die Marxistiese Anglikane graag ‘n swart bewind wou gehad het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.