Vakbonde gaan by studente-oproer aansluit

Deel op

Vakbonde gaan na verwagting aansluit by swart studente se betogings oor gratis tersiêre onderrig. Ten minste 52 arbeidersvakbonde is genader om deel te neem.

Die studente-aktivis en leier van die “FeesMustFall”-veldtog, Mcebo Dlamini, het Maandag honderde studente by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg opgeroep om aan ‘n betoging Woensdag deel te neem.

Hy het beklemtoon dat vakbonde se deelname hulle veldtog sal verskerp.

Verskeie universiteite moes reeds lesings opskort na studente-onluste en intimidasie.

Studente van die Universiteit van die Vrystaat sê die voorgestelde verhoging van tot agt persent in klasgeld vir 2017 is onaanvaarbaar vir arm studente.

Hulle het gesê hulle sal nie ophou om aktiwiteite op die kampus te ontwrig nie.

Die swart studente by die universiteit is steeds besig met protesaksies sedert die FeesMustFall-veldtog begin het.

Oproeriges het Dinsdag toetslokale binnegestorm en studente uitgejaag as eis dat geen verhogings ingestel word nie.

Volgens hulle sal `n verhoging van agt persent beteken dat hul registrasiegeld R14 000 beloop. Swart amokmakers het gisteraand ‘n nagwaak op kampus gehou en daarna lesingslokale beset.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.