President Jacob Zuma sê die meeste maatskappye onder swart bestuur sal binnekort kan uitsien na groter mag.
Die doelwitte van die regering se breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging, bekend as BBSEB, sal glo verder aangepas word om wittes te benadeel.
Zuma het op ‘n dinee van die raad vir swart sakelui in Johannesburg gepraat, het RSG berig.
Hy het gesê sy regering het besluit om die Wet op die Raamwerk vir die Voorkeur Verkrygingbeleid te herroep.
Dié wet bepaal dat wanneer die regering tenders aanvra, hy eers maatskappye met ‘n bewese rekord moet oorweeg, wat die meeste swart maatskappye volgens president Zuma nog nie het nie.
Hy het belowe dat swartes binnekort verandering sal waarneem wat tot hul voordeel sal wees.