Olifante se toekoms lyk donker

Deel op

’n Meerderheid van twee derdes van Cites se lidlande het by die 17de Vergadering (COP17) van die Konvensie op Internasio­nale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) in Johannesburg besluit om ivoorhandel finaal die nekslag toe te dien.

Hulle het ‘n raamwerk waarbinne ivoorhandel bespreek en bedryf kan word, verwerp.

Amerika se afgevaardigdes op die beraad het aanbeveel Cites moet sy hulpbronne fokus daarop om olifante te “beskerm”, iets wat ivoorhandel beslis sou kon doen.

Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika het daarom gehoop om Cites te oorreed om van hul verbod teen ivoorhandel af te sien, maar tevergeefs.

Dié lande in Suider-Afrika wil graag hul groot voorraad ivoor van die hand sit om die geld in bewaring terug te ploeg, maar Cites wou geen rede insien nie.

Die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn (Ifaw) het gesê dit kom daarop neer dat Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe hul ivoor nie sal kan verhandel nie.

Alhoewel ‘n amptelike besluit hieroor nog geneem moet word, is dit glo blote formaliteit.

Jason Bell, direkteur van Ifaw se olifantprogram, het die nuus as “fantasties” beskryf en gesê “redelikheid” het uiteindelik geseëvier.

Die toekoms van olifante lyk volgens hom nou rooskleuriger, maar die teendeel is egter waar. Daar is slegs 450 000 olifante oor weens stropery. Gereguleerde handel sou die stropers se taak bemoeilik het.

Kenia, die Demokratiese Republiek van Kongo en Tsjad, het die aanslag teen Suid-Afrika gelei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.