Trump wen debat loshande, Netwerk24 lieg skaamteloos

Deel op

Die eerste debat tussen die presidentskandidate van die Republikeinse en Demokratiese party in Amerika, Donald Trump en Hillary Clinton, Dinsdagaand is loshande deur Trump gewen.

Netwerk24 het egter skaamteloos daaroor gelieg en één bron aangehaal: CNN. Maar CNN se “peiling” was naakte propaganda én hulle is boonop uitgevang daarmee.

Alhoewel CNN probeer voorgee het dat Clinton beter gedoen het, het selfs Time se meningspeiling getoon dat Trump voorloop.

Die “Don” sal genoeg stemme trek om die presidentskap te wen in die kieskolleges wat gebaseer is op UPI/CVoter se meningspeiling wat Maandag vrygestel is.

Trump sal 292 stemme kry en Clinton net 246 uit die 270 wat nodig is om die Ovaalkantoor te beset.

Die mees bespreekte oomblik van die eerste televisiedebat tussen die twee kandidate in die Amerikaanse presidentsverkiesing op sosiale media, is toe Donald Trump sy temperament as sy sterkste bate gelys het.

Daarmee het hy ‘n veldtog gedryf wat hom heelwat minder miljoene uit die sak gejaag het as vir Hillary.

Verteenwoordigers van Facebook sê Trump het 79 persent van alle Facebook-besprekings oorheers, teenoor die 21 persent van Clinton.

‘n Woordvoerder vir Twitter sê Trump was die onderwerp van bespreking van 62 persent van twiets. Die debat is die mees bespreekte onderwerp op Twitter sedert die diens se ontstaan in 2006.

In die eerste van drie 90 minute lange presidensiële debatte tussen die Republikeinse en Demokratiese kandidate by die Hofstra Universiteit in New York, het meer as 100 miljoen TV-kykers aangeskakel.

Talle het egter nie hele debat gekyk nie, want dit was duidelik dat die debatsopset Trump wou benadeel. Hillary het ook te vals voorgekom met haar te wye oopmondlaggies.

Trump moes teen twee siele debatteer, te wete Clinton en die bruin moderator, Lester Holt. Holt het alle pretensies van onpartydigheid laat vaar en Trump van stryk probeer bring, maar sonder veel sukses.

Meer as ‘n derde van kiesers is nou bekommerd oor Clinton se gesondheid, het die AP-GfK-peiling gewys ná die debat. Clinton is duidelik nie gesond nie en kiesers betwyfel of sy die stamina het om die pos te beklee.

Gedurende die debat, het Clinton teruggekap dat sy bewys het dat sy gesond genoeg is ná 112 buitelandse reise as sekretaris van buitelandse sake en elf ure se ondervraging deur die Kongres oor haar eposbediener.

Trump het haar egter daaraan herinner dat sy voorgee om “nuwe oplossings” vir Amerika se probleme te hê, maar in dertig jaar in die politiek het sy reeds gewys dat sy geen oplossing vir enige kwessie het nie.

Daar was geen vrae aan Hillary oor die Clinton Foundation se korrupsie, die moorde in Benghazi, of hoogverraad deur haar gebruik van ‘n privaatbediener om staatsgeheime per epos te deel nie.

CBS News se nuusman, Bob Schieffer meen die presidensiële debat Maandagaand kon geen kiesers oorreed om vir Hillary te stem nie.

“Sy het gepreek vir haar koor hier,” het Schieffer gesê.

Naspers se mees ongekunstelde Neocon-skoothondjie, Arrie Rossouw, het natuurlik dadelik ‘n prul die lig laat sien waarin hy ook “onwetenskaplike” peilings voorgehou het as die onbetwisbare bewys dat Hillary die debat gewen het.

“Waarnemers was dit grootliks eens dat Clinton waarskynlik daarin sal slaag om Trump se momentum voor die volgende debat op 9 Oktober te stuit,” was Rossouw se oor-optmistiese taksering.

Daar is geen sulke waarnemers behalwe miskien Soros en sy trawante nie, wat hoop dat die soort “joernalistiek” wat mense soos Rossouw beoefen hulle gaan help om die miljardêrsklub se kandidaat, Clinton, in die stoel te kry.

Iemand moet intussen die arme Rossouw dalk daarop attent maak dat sy smousery met die Soros-agenda ‘n bietjie te deursigtig geraak het.

Die CNN/ORC-peiling wat kort na die debat bevind het dat Hillary ‘n “duidelike oorwinning” oor haar teenstander behaal het, het een probleem: Die opname monster 41% Demokrate in vergelyking met net 26% Republikeine.

Daarom het sogenaamd 62% van die respondente gesê Hillary is voor terwyl 27% gesê Trump is. Die vraag is nou hoe Rossouw geweet het om juis na hierdie bekookte peiling te verwys as hy nie raad gehad het van sy Soros-handlangers nie?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.