Tifone woed weens veranderende weerpatrone oor Stille Oseaan

Deel op

Die hewige tifoon Megi het Taiwan Dinsdag met stormwinde en swaar reën in geteister waarin vier mense reeds omgekom het.

Dit is die derde storm in twee weke wat die eiland tref ná die supertifoon Meranti, die sterkste storm in 21 jaar, en tifoon Malakas vroeër vandeesmaand.

Meer as 250 000 huishoudings is sonder elektrisiteit. Altesaam 346 vlugte is gekanselleer of vertraag en die treindienste is ook buite werking.

Alle skole is gister deur die regering gesluit.

‘n Vrou is selfs van haar bromponie afgewaai tydens die storm in die ooste­like stad van Hualien waar die tifoon eerste land getref het. Honderde mense is ook beseer.

Die tifoon is oppad na China.

Megi, wat opgegradeer is van ‘n tropiese storm na ‘n tifoon Saterdagmiddag, het miljarde se skade aangerig aan landbou en infrastruktuur.

Die owerhede het voorheen gesê dat ‘n seewaarskuwing vir Megi, die 17de storm van die tifoonseisoen in die Stille Oseaan, Maandag uitgereik sal word op die vroegste.

Ses tifone het vanjaar ook die Japannese eilandgroep getref, om 2016 die onderskeiding van die tweede ergste jaar in terme van direkte tifone in die moderne tyd te maak.

En dit is nog net vir September. Die tifoonseisoen is nie naastenby oor nie en die rekord vir 2004 toe 10 van die onwelkome besoekers Japan verwaai het, gaan beslis val.

Die tifone het ook laat onstaan, ná 3 Julie vanjaar. Weerontleders sê die weerpatrone oor die gebied het verander.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.