Genadelose Russiese aanslag op djihadi-vestings in Sirië

Deel op

Russiese vegvliegtuie het ‘n genadelose aanslag op djihadistiese stellings in Sirië voorgesit.

Inwo­ners in die gebiede wat geraak word sê dat hulle ernstige tekorte aan kos en medisyne ondervind.

Die aanvalle teen dagbreek het groot brande in die Al-Mashhad- en Sayf al-Dawla-distrik laat ontstaan.

Dit was die vierde dag van intensiewe lugaanvalle op die stad, sedert die Siriese regering met ‘n hernude aanslag begin het om die hele Aleppo te herower ná die skietstilstandooreenkoms in duie gestort het.

‘n Neocon “menseregte-organisasie” kla dat minstens 128 mense sedert Donderdag dood is van wie “byna almal” burgerlikes was. Hulle kon nie meer besonderhede gee nie.

Tydens ’n noodvergadering van die Veiligheidsraad in New York Sondag het Amerika Rusland van “barbarisme” beskuldig oor die aanvalle teen die ISIS-kliënte.

‘n Diplomatieke oplossing vir die krisis lyk onwaarskynlik, met ­Amerikaanse en Russiese ­diplomate wat oor alles verskil het tydens die vergadering om die geweldpleging te bespreek.

“Wat Rusland doen, is nie om teenterrorisme te steun nie, dit is barbarisme,” het die VSA se ambassadeur by die VN, Samantha Power (foto), aan die 15-lid raad gesê.

“Eerder as om vrede na te streef, maak Rusland en Assad oorlog. Eerder as om te help en lewens­reddende bystand aan burgerlikes te verseker, bombardeer Rusland en Assad humanitêre konvooie, hospitale en eerste respondente, wat desperaat probeer om mense aan die lewe te hou,” het sy gesê.

Die VSA probeer voorgee dat die konflik in Sirië ‘n “burgeroorlog” is, terwyl dit ‘n Amerikaans-geleide inval is.

Die Franse en Britse ­ministers van buitelandse sake was rasend in hul kritiek teen Rusland ­en sê die land is skuldig aan ­”oorlogsmisdade”.

Rusland het sy posisie verdedig en die land se ambassa­deur by die VN, Witali Tsjoerkin, sê daar is honderde gewapende groepe in Sirië met dhihadistiese oogmerke wat ISIS steun.

Die VN se onderhandelaar oor Sirië, Staffan de Mistura, het ’n beroep op die Veiligheidsraad gedoen om met ’n manier vorendag te kom om die skietstilstand af te dwing.

Rusland is egter een van die vyf lede van die Veiligheidsraad met vetoreg, saam met Amerika, Frank­ryk, Brittanje­ en China.

Rusland en China het herhaaldelik die Assad-­bewind beskerm deur ver­skeie voor­stelle vir optrede van die raad te veto.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.