Bob wil blykbaar sonder VN-voedselkruk

Deel op

President Robert Mugabe van die bankrot mishoop wat bekend staan as Zimbabwe het na berig word, gesê Afrika is gereed om hom aan die Verenigde Nasies (VN) te onttrek.

Hy het dié ultimatum gerig as daar nie aan sy eis om hervorming voldoen word nie.

Mugabe is terugverwelkom ná sy besoek aan die VN se Algemene Vergadering in New York. Volgens Mugabe het Afrika-leiers in New York die onttrekking aan die wêreldliggaam bespreek.

Volgens berigte het Mugabe gesê die Afrika-Unie beplan ’n splintergroep met lande soos Rusland, China en Indië as die VN se Veiligheidsraad nie volgende jaar lede van die vasteland insluit nie.

Japan en Duitsland is die tweede en derde grootste bydraers van befondsing aan die VN, en hulle het steeds nie verteenwoordiging op die Veiligheidsraad nie. Mugabe eis egter swart verteenwoordiging.

Die onderwyssektor, wat in duie gestort het in Zimbabwe danksy Bob word deur Unicef ​​aan die gang gehou wat die oor 22 miljoen handboeke vir skole in Zimbabwe druk en versprei.

Hul kindersorgprogramme ondersteun duisende kinders wie se omstandighede uiters desperaat sou gewees het onder Mugabe se aanvoering alleen.

Mugabe se ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Kindersorg word grootliks gefinansier deur skenkers, veral die Verenigde State, Global Fund en die VN-agentskappe soos Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP), Unicef ​​en die Verenigde Nasies Bevolkingsfonds (UNFPA).

Baie van die voedselhulp wat vandag versprei word in Zimbabwe kom dus van die World Food Programme – ‘n VN-agentskap. In kort, die VN-agentskap voer ‘n derde van Zimbabwiërs, en Suid-Afrika die res.

Honger kinders tel graankorrels van die paaie af op om te eet (foto), wat deur vragmotors met hulpvoedsel gestort word.

Hongersnood raak oor ‘n derde van die bevolking in Zimbabwe. Die Zimbabwiese regering het reeds in Februarie ‘n beroep gedoen om $1,5 miljard se voedselhulp.

Die dreigemente wat die Afrikadiktator kwyt­geraak het met sy aankoms op die Harare- internasionale lughawe, waar hy honderde van sy Zanu-PF-onderdane toegespreek het, kan dus die doodskoot vir sy land beteken.

Afrika-lande vra reeds sedert 2005 vir twee permanente setels op die VN se Veiligheidsraad, asook vyf nie-permanente setels, as eis om swart verteenwoordiging.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.