Nuwe SA spioenasiebaas aangestel

Deel op

Die Suid-Afrikaanse minister van staatsveiligheid David Mahlobo het Maandag aangekondig dat Arthur Fraser, ‘n bruin man, as nuwe direkteur-generaal en rekenpligtige beampte van sy departement aangestel is.

Fraser (foto), ‘n voormalige adjunk-direkteur-generaal in die voormalige Nasionale Intelligensie-agentskap, het Maandag ná sy aanstelling begin werk en sy pos is reeds deur president Jacob Zuma bekragtig, het Mahlobo in ‘n verklaring gesê.

“Hy bring met hom saam ‘n groot begrip en kennis van die intelligensie-omgewing en sy slim bestuurservaring sal help om die organisasie vorentoe te dryf,” het Mahlobo gesê.

“Ons glo mnr Fraser is opgewasse vir die taak en sal die nodige leierskap bied wat sal verseker dat die Agentskap in staat sal wees om sy grondwetlike en wetlike mandaat na te kom in die handhawing van nasionale sekuriteit.”

In 2009 het die Mail & Guardian berig dat Fraser die man was wat die sogenaamde spioenasiebande aan prokureurs van Zuma uitgelek het, wat daartoe gelei het dat die 783 aanklagte van korrupsie teen Zuma teruggetrek is.

Vroeër vanjaar het die hooggeregshof in Pretoria het egter gesê die besluit om klagtes teen die president te laat vaar was “irrasioneel”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.