Veteraanrestourasie-wenners sluit juniors in

Deel op

Die eindronde van die eerste enjinrestourasie-uitdaging vir jong mense deur die SA Federasie van Veteraantrekker-en-enjinklubs is by die Ferreira-museum in Bloemfontein beslis.

Die kompetisie het die restourasie van ‘n stilstaande enjin van ouer as 30 jaar behels.

Die kompetisie het vir skoolkinders in ‘n junior afdeling, en seniors, nie ouer as 35 jaar nie, voorsiening gemaak.

Die voorsitter van die Sentrale Vrystaat Veterane-klub, Christo Pieterse, sê dié kompetisie was ‘n poging om jong mense te betrek by die restourasie van enjins met ‘n totale prysgeld van Engen van R150 000.

Hy het gistermiddag aan OFM-nuus verduidelik dat die kompetisie afskop met ‘n werkboek oor die enjin wat gerestoureer moet word.

Die senior afdeling is gewen deur Torsten Löwe van Pretoria met die restourasie van ‘n 1951 Deutz MAH 914, en die junior afdeling is deur Liezel Gouws van Klerksdorp gewen met die restourasie van ‘n 1963 Wolseley-enjin.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.