Burlingtonskieter is ‘n Moslem

Deel op

Die man wat dié naweek ‘n winkelsentrum in Burlington in die Amerikaanse deelstaat Washington, vyf mense doodgeskiet het, is nie Spaans soos die media wou te kenne gee nie, maar ‘n Moslem.

Sy sosiale media toon dat hy ook ekstremistiese neigings gehad het. Beelmateriaal van die voorval wys ‘n ongewapende Cetin wat by die sentrum instap, maar later met die vuurwapen te voorskyn kom. Die wapen is na die slagting in die sentrum gevind.

Die 20-jarige Arcan Cetin is intussen deur die polisie aangekeer. Hy is by sy huis in hegtenis geneem, sowat 48 km van die toneel waar hy met ‘n jaggeweer op onskuldiges losgebrand het.

Cetin was glo soos ‘n “zombie” toe hy in hegtenis geneem is, het die polisie Sondag gesê. Hy was ongewapen en het homself nie teëgesit nie.

Volgens sers. Mark Francis, polisiewoordvoerder, het die aanvaller op die vlug geslaan voordat polisie op die toneel aangekom het. Die sentrum, die Cascade Mall, is daarna ontruim.

Vier vroue is doodgeskiet waaronder ‘n ma en dogter. ‘n wit Boeingtegnikus, wat getref is, het later in ’n hospitaal aan sy wonde beswyk.

Nooddienste het kort na die voorval ’n foto van die skieter uitgereik, maar gesê hy is “Spaanssprekend”, vermoedelik om die kollig van Moslemterreur af te hou.

Die polisie beweer dit is steeds “onbekend” wat die motief vir die aanval was, maar sluit nie die moontlikheid uit dat die bloedbad ‘n terreuraanval was nie.

Cetin is ‘n gebore Turk met Amerikaanse burgerskap.

Die aanval volg skaars ‘n week nadat ‘n Moslem nege mense met ‘n mes in ‘n winkelsentrum in St. Cloud, Minnesota gesteek het. Die aanvaller is deur polisiebeamtes op die toneel doodgeskiet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.