Drie petrolbomme by Wits skep beeldprobleem vir oproeriges

Deel op

Die drie petrolbomme wat by Wits gevind is, het die oproerige swart studente se openbare betrekkinge oefening ietwat geskaad.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Civic Organisation (Sanco) het Sondag gesê “barbaarse dade van geweld en sinnelose vernietiging van onderwysinfrastruktuur moet ontmasker word en agter tralies gesit word”.

Sanco ‘n beroep op universiteitstudente gedoen om belhamels wat vasbeslote is om hoër onderwys te destabiliseer te isoleer en te marginaliseer.

Dit volg na die ontdekking van drie petrolbomme by die Universiteit van die Witwatersrand se Braamfontein-kampus.

“Diegene agter barbaarse dade van geweld en die sinnelose vernietiging van beleggings in onderwysinfrastruktuur moet ontmasker word en agter tralies gesit word,” het Sanco se nasionale woordvoerder Jabu Mahlangu gesê.

Mahlangu het gesê dit is al hoe meer onmoontlik om te glo “daar is nie ‘n derde party wat studentekwessies gekaap het nie en oplossings wil verhoed om ‘n einde te maak aan die huidige hoëronderwys-dooiepunt nie”.

Hy het ‘n beroep op gemeenskapsleiers, ervare onderhandelaars, en professionele mense gedoen om te help met die bemiddeling van die krisis.

“Ons moet almal wakker word vir die werklikheid dat die toekoms van ons jeug op die spel is en saam die magte van die duisternis verslaan.”

“Afgetrede regters, menseregteprokureurs, onbaatsugtige progressiewe individue met ondervinding in konflikoplossing, sowel as godsdienstige leiers kan nie die vernietiging van hoër onderwys op ‘n afstand gadeslaan sonder om sinvolle oplossings aan te bied nie,” het Mahlangu gesê.

“Dit is baie gerieflik dat petrolbomme gevind is net na die universiteit gedreig het om alle akademiese aktiwiteite op te skort en koshuise te sluit,” het die inkomende Wits VSR-president Kefentse Mkhari egter gesê, kennelik deeglik bewus van die beeldprobleem waarmee hy nou sit.

“Ek bedoel ons is nooit vertel wie daardie petrolbomme geplaas het nie en die presiese ligging is nie bekend nie, so dit is baie gerieflik.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.