Winnie, sokkerspanne en swart studente-onluste

Die veroordeelde kindermoordenaar, Winnie Madikizela-Mandela het ‘n gaping raakgesien om haarself met die swart studente-onrus te bemoei.

Sy sê ‘n agt persent verhoging in studiegelde is nie ‘n “oplossing” nie, maar kon geen raad aanbied nie.

Madikizela-Mandela het as deel van haar 80ste verjaardagvieringe met sokkergeesdriftiges in Soweto gepraat.

Sy het voorheen, voor 1994, ‘n sokkerspan gebruik as ‘n verskoning om geweld en terreur in Soweto te pleeg.

Die minister van hoër onderwys het vroeër die week aangekondig dat universiteite self hul verhogings bepaal, maar dat dit nie met meer as agt persent vir 2017 mag beloop nie.

Madikizela-Mandela sê die ANC mag nie net die saak daar laat nie.

Sy sê die soort selfondersoek wat die party benodig, kan slegs gebeur wanneer nuwe leierskap en veterane “terugkeer na die Vryheidsmanifes”.

Dié vermaning klink na ‘n dunbedekte verskoning om die geweld, brandstigting, vandalisme en plundery op kampusse te verskoon.

Winnie het voorheen ANC-terroriste aangemoedig om swart teenstanders met die halssnoer-metode lewendig te verbrand. Haar oproer in die naam van die Vryheidsmanifes was om die land met vuurhoutjies en buitebande te “bevry”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.