‘Transformasie’, ‘dekolonisering’ lui doodsklok vir universiteite

Swart studentegetalle wat jaarliks toeneem veroorsaak groter getalle swart druipelinge aan die einde van die jaar. Dit toon ook hoe druk om toelating vir swartes te vergemaklik in die naam van “transformasie” die Naspers-trefferliedjie, nou sy giftige vrugte baar.

Swart studente eis dat die stelsel, wat op Westerse norme en standaarde gegrond is, “gedekoloniseer” en getransformeer moet word. Maar nie die ANC, hul handlangers of die betogers het die vaagste benul van wat dit verg om ‘n tersiêre instelling te bedryf nie.

In wese beteken dit dat swart wanpretasie befonds moet word. Dit is heeltemal in pas met die ideologiese onsin wat die ANC, DA, EFF en hoofstroommedia soos Media24 daagliks aan ons opdis: Swart en wit uitkomste moet gelyk wees!

Wit studente is woedend omdat klasse ontwrig word en toetsvraestelle opgeskeur word deur dansende barbare wat uit hierdie ideologiese bron hul eise en dreigemente put.

Wittes betaal astronomiese bedrae vir toegang tot tersiêre onderwys, maar word gyselaar gehou deur ideologiese narre, ook in die media.

Hulle moet toekyk hoe hul dosente, nou verbete kultuur-Marxiste wat hul poste wil behou, hul “vereenselwig” met die belaglike protesoptredes terwyl hulle selfs daaraan deelneem en dit goedpraat.

Dit skep weersin en minagting by wit studente wat moet toekyk hoe geweld, intimidasie, brandstigting en vandalisme reeds R500 miljoen se skade aan kampusse aangerig het vir “gelyke geleenthede” en “gratis onderwys”, terwyl hulle en hul ouers met swaarverdiende geldjies probeer om ‘n beter toekoms te skep.

Daar is natuurlik ‘n duidelike verband tussen die toename in swart studente en uitsak- en druipsyfers, maar een wat doodgeswyg word in die naam van juis “gelyke uitkomste”.

Statistieke Suid-Afrika het die swak voltooiingskoerse van baccalaureusgrade deur swart en bruin studente sedert die 1990’s reeds gedokumenteer. Maar volgens die oproermakers moet meer geld bewillig kon word vir hul wanprestasie, die gevolg van “kolonialisme” en “witheid”.

Suid-Afrikaanse studente presteer nog swakker as dié uit die res van Afrika en aan Suid-Afrikaanse universiteite studeer, maar dit het IK-verspreiding, nog ‘n taboe-onderwerp, reeds voorspel.

Minder as ‘n derde van alle studente behaal hul eerste B-graad binne die minimum tydperk. Die syfers is voorts besonder laag in ingenieurswese, natuurwetenskappe en tegnologie waarin groot vaardigheidstekorte heers omdat swartes nie wiskunde kan baasraak nie.

Meer as 240 000 swart studente skuld R6 miljard aan die NSFAS en die skuld aan universiteite se eie leningskemas beloop meer as R5 miljard.

In die verlede is studente se uitslae en grade teruggehou as hulle nie die skuld terugbetaal het nie, maar oproerige swart studente wat die instellings afdreig met geweld, het daarvoor gesorg dat dié maatreël ook afgeskaf is.

Swart studente het dus niks het om te verloor as universiteite ten gronde gaan nie. Hulle sou in elk geval druip. Intussen doen die media, die politieke partye en selfs die dosente lustig mee aan hul ondergang.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.