Derde nag van rassegeweld in Charlotte

Deel op

Owerhede het ‘n noodtoestand in Charlotte in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina afgekondig terwyl swart onluste vir ‘n derde nag voortgewoed het.

Die polisie het ‘n veroordeelde swart geweldsmisdadiger Keith Lamont Scott (43), wat ‘n vuurwapen by hom gehad het, doodgeskiet.

Sy familie hou egter vol dat die vuurwapen ‘n “boek” was. Dié versinsel is deur ‘n swart kletsrymer Mills Shaka Zulu Gill die wêreld ingestuur.

Die onluste van Donderdagnag is die jongste teken van toenemende druk teen die polisie om ‘n video van die insident vry te stel.

Die polisie het nog nie beeldmateriaal van die skietvoorval uitgereik nie, maar die stad se burgemeester sê hulle is voornemens om dit te doen.

Pat McCrory, goewerneur van Noord-Carolina, het vroeër gesê versterkings sal ingestuur word om plaaslike wetstoepassers by te staan.

Todd Walther, woordvoerder vir die Charlotte-Mecklenburg se gemeenskapspolisieforum het aan CNN se Erin Burnett gesê meer as twee derdes van die amokmakers is van elders.

“Dit is nie Charlotte wat hier betoog nie. Dit is buite-entiteite wat inkom en hierdie probleme veroorsaak. Dit is nie betogers nie, dit is misdadigers…”

Walther het gesê die swart betogers word ingebus om te kom geweld pleeg.
 
“Ons het die aanstigters wat inkom van buite opgespoor. Hulle kom in op busse van buite die staat. As jy teruggaan en kyk na ‘n paar van die arrestasies wat gisteraand gemaak is, kan jy waarskynlik sê 70% van diegene besit buite-staat-ID’s. Hulle is nie afkomstig van Charlotte nie.”

Intussen is verskeie voorvalle van geweld teen wittes aangemeld. Ten spyte daarvan hou die hoofstroommedia vol dat die betogings “vreedsaam” was.

‘n Wit man is in ‘n parkeerterrein deur ‘n groep swartes aangeval en ‘n joernalis is deur swart oproeriges in ‘n vuur gegooi.

Agtien maande gelede toe die onluste opgevlam het in Ferguson, was dit te danke aan die miljardêr George Soros wat $33 miljoen aan sogenaamde “maatskaplike geregtigheidsorganisasies” geskenk het om Ferguson ‘n nasionale brandpunt van rassegeweld te maak.

Ken Zimmerman, die direkteur van Soros se Open Society Foundations (OSF) in die VSA, het verlede jaar ontken dat Soros BLM befonds het en dit afgemaak as “gerugte” sonder substansie.

Maar dit was voordat kuberkrakers met DCLeaks.com OSF se dokumente gelek het wat toon dat Soros reeds ten minste $650,000 direk aan BLM geskenk het.

Soros is toevallig ook een van Hillary Clinton se grootse skenkers. Sy het reeds $7 miljoen van hom ontvang.
 
Geweld in Charlotte het uitgebreek nadat honderde swart betogers deur die middestad beweeg en onder meer slagspreuke soos “Black lives matter” en “Die polisie moet doodgemaak word” geskree het.

jewsblm

Die betogers het klippe gegooi, brande gestig en ‘n hoofweg afgesper, winkels geplunder en vensters uitgeslaan.

Die oproer in Charlotte volg op betogings in Tulsa in die deelstaat Oklahoma waar betogers die inhegtenisneming van ‘n polisielid geëis het wat verlede week glo ‘n “ongewapende” swart man doodgeskiet het.

Die hoofstroommedia fokus egter slegs op wit rassevooroordeel in wetstoepassing in die VSA, terwyl die debat oor swart geweld doodgesmoor word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.