Openbare geweld vier hoogty en universiteite moes sluit nadat Blade Nzimande (foto), Suid-Afrika se minister van hoër onderwys en opleiding, Maandag aangekondig universiteite kan self klasgeldverhogings van tot 8% vir volgende jaar vasstel.
Die regering se beleid dat studente uit gesinne wat minder as R600 000 per jaar verdien gesubsidieer word, is met geen dankbaarheid begroet nie.
Die probleem bly dat daar te veel swart studente toegelaat word om te studeer, terwyl hulle nie opgewasse is vir studie nie.
Dit het nou ‘n probleem geraak vir die hele land soos geweld oorspoel vanaf kampusse en miljoene rande se skade aangerig word wat die belastingbetaler moet dra.
Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het gesê die ANC doen ‘n beroep op alle belanghebbendes om die aanbevelings wat die minister voorgelê het, te steun en rade van die instelling gemaan om nie betrokke te raak by die onluste nie.
“Ons versoek studente en universiteitsbesture om nie betrokke te raak by enige negatiewe en onwettige aktiwiteite by ons instellings nie.”
Hy het gesê die regering en universiteite sal ‘n oplossing vind vir universiteitsfinansiering, maar dat die privaatsektor moet instaan vir die tekort aan geld wat deur die nie-presterende swart studente veroorsaak word.
Die ANC-jeugliga eis dat ‘n korporatiewe onderwysbelasting asook ‘n welvaartbelasting ingestel word om die hoëronderwysstelsel te finansier wat gratis vir swart studente moet wees.