Vermeende veediewe wat buit verkoop se saak uitgestel

Deel op

Die saak teen vyf van die agt verdagtes wat Woensdag vir veediefstal in Phuthaditjhaba en Ficksburg in die hof verskyn het, is uitgestel.

Valke-woordvoerder S’fiso Nyakane sê Kgathatso Rankete, Tiisetso Sikhosana, Samuel Ntombela, Mokwakwa Witbooi en Maleka Lize sal weer die 6de Oktober in die Phuthaditjaba Landroshof verskyn wanneer hulle na verwagting amptelik om borgtog sal aansoek doen.

Nyakane sê die eerste vier verdagtes is Maandag by hulle huise in Phuthaditjaba in hegtenis geneem.

Die vyfde verdagte is by die Bethlehem-gevangenis in hegtenis geneem, toe hy vir ‘n nie-verwante veediefstalsaak ondervra is.

Al vyf het na bewering die vee wat gebuit is, verkoop.

Nog drie verdagtes, wat Dinsdag in Ficksburg vir veediefstal in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn ná hulle probeer het om gesteelde 58 skape te verkoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.